Vordering

Die horlosie is besig om te vorder.  Dis moeiliker as wat ek gedink het dit gaan wees om alles akkuraat inmekaar te laat pas, maar sover lyk dit heel goed.

5 Responses to Vordering

  1. mykopop sê:

    Nou waar kry jy die ding in die hande? Ek sou nogal graag ‘n regte klok wou bou, nie deur ‘n stel aanmekaar te sit nie maar deur alles self te maak, maar ek weet nie hoe mens die ratte met die hand gaan maak nie.
    Sterkte, ek hoop jy kry dit reg!

  2. kostannie sê:

    https://www.kalahari.net/checkout/books/Make-Your-Own-Working-Paper-Clock/632/310322.aspx

    Ek het dit by Kalahari gekoop, maar ek sien nou hulle is out of stock. Hierdie is nogals ingewikkeld en dis net so goed jy maak alles self want jy moet elke klein stukkie met ‘n messie uitsny, dis nie net uitskeur en plak nie. Voor jy hout horlosies aanpak sal hierdie jou goeie oefening gee van hoe al die ratte inmekaar pas. My volgende projek sal in hout wees.

  3. Spinnekop sê:

    Dit lyk nou soos ‘n lekker besige intense projek 🙂
    Sterkte en ek hoop ons sien fotos van die eindproduk!

  4. kostannie sê:

    Jip, dit het al baie verder gevorder, maar ek was net lui vir foto’s neem. Sal binnekort weer iets oplaai. Het eintlik baie van die ingewikkelde stukkies al klaar toegeplak, so mens sal nie al die harde werk van buite kan sien nie.

  5. mykopop sê:

    Deadline? Tik die horlosie of tik die horlosie?

Lewer kommentaar