Recent Panoramic Views

Oktober 26, 2010

Both requiring a lot of hiking, sweating and near swearing.


I was there… Shots in the news

April 29, 2010

Ek moet sê ek kry nogals ‘n kick daaruit om iets wat ek op die nuus of Carte Blanche gesien het ook met my eie oge en kamera te vang.  Hiermee dan twee sulke gebeurtenisse.

Australopithecus sediba

Oorblyfsels van die gestrande Margaret by Jakobsbaai

Sien ook Margaret Stranding


Foto van die dag 14/04/10

April 14, 2010

Die albino eekhoring


Nog iets uit die “ou” dae

April 1, 2010

Muizenberg se 60’s style surfing.


Ek neig na vintage

Maart 29, 2010

Ek is vir ‘n wyle terug op film en af van digitaal.

Bome buite Tulbagh

Swembadbaba


Feeding Frenzy!!!!!

Oktober 7, 2009

‘n Ou paddavriend

September 18, 2009

Ek loop die naweek toe wraggies weer in Mpumalanga hierdie klein paddatjie raak.  Laas hier ge-“spot”.  Dit was redelik wakker vir half 2 in die oggend en is oral afgeneem; in ‘n badkamersakkie, op ‘n roompot, teen die muur, op die vloer, op die wasbak.  Hierdie ene is my gunsteling – op deurgedansde trouetone.

Padda


National Geographic

Augustus 19, 2009

Toe ek jonger en my kop nog vol drome was het ek myself gesien as iemand wat eendag vir National Geographic sou werk iewers in ‘n reënwoud of op ‘n eksotiese eiland.  Deesdae droom ek baie minder groot drome, maar dit was nogsteeds vir my baie opwindend toe ek uitvind dat een van my geliefde tydskrif se foto redakteurs een van my foto’s gekies het om op hulle website te plaas! (http://ngm.nationalgeographic.com/your-shot/daily-dozen 2008 August-Week 3 se 2de rytjie foto’s)

Dis hierdie ene:

IMG_5995

Persoonlik verkies ek die foefenjol ene…hehehe.

IMG_5994


Tick tock tick tock

Julie 31, 2009

Volgende week sit ek foto’s van my eie vordering op, maar hier is solank ‘n video wat mooi wys waarmee ek besig is.  Al die moeite kom nou nie juis heeltemal deur nie, maar dis nogsteeds goed gedoen.


Vordering

Junie 3, 2009

Die horlosie is besig om te vorder.  Dis moeiliker as wat ek gedink het dit gaan wees om alles akkuraat inmekaar te laat pas, maar sover lyk dit heel goed.