Vakansiefoto’s
Januarie 11, 2008Feesgroete
December 20, 2007Aan almal wat so nou en dan hier inloer (al gaan hier deesdae min tot niks aan), ‘n baie geseënde Kerstyd en alles wat mooi en jolig is vir 2008. Ek voel aan my basvelle dit gaan ‘n groot jaar wees.
Aan almal wat ver gaan ry in hierdie dae, ry veilig, rus baie en as jy so deur die Karoo of Vrystaat jaag, “spare a thought for the little ones too”….
Good Monsters
Oktober 23, 2007Ek het hierdie naweek Jars of Clay se CD Good Monsters aangeskaf. Die volgende is die 7de snit op die CD. My hart kramp sommer as ek dink aan die wanhoop wat daar op hierdie tydstip op so baie plekke rondom die wêreld heers.
“Sometimes when I lose my grip I wonder what to make of Heaven – All the times I thought to reach up – All the times I had to give – Babies underneath their beds – Hospitals that cannot treat – All the wounds that money causes – All the comforts of cathedrals – All the cries of thirsty children – This is our inheritance – All the rage of watching mothers – This is our greatest offence”
S-s-s-s-soveel dae, s-s-s-s-soveel dinge
Oktober 22, 2007Ek weet in Suid Afrika dink almal vandag net aan die Bokke se oorwinning, maar ek vind nou net uit dis ook vandag internasionale Hakkeldag! Of meer amptelik gestel International Stuttering Awareness Day (ISAD). Die dag is in 1998 aangewys en die doel is om publieke bewusmaking van hakkel te bevorder. Hmmmm, gedink dis nogals interessant. Aangesien al die mense wat ek op skool geken het hulle hakkels ontgroei het sal ek maar vandag vir ‘n oomblik aan my ma se gunsteling Idol, Gareth Gates, dink.
Weskus
Oktober 2, 2007Sjoe, dis erg hoe vinnig die weke verby vlieg. Dit is seker hoogtyd dat ek my blog ‘n bietjie kos en water gee. Hiermee dan solank ‘n bietjie seekos en seewater uit die Weskus.
Cordylus macropholis – Large-scaled Girdled Lizard
Een van die mooiste trou venues ooit! Oppi-Duin, Lambertsbaai.
’n Pampoen.
’n Rob.
‘n Swaer deur ‘n sandgatjie.
‘n Klein bietjie Weskus liefde.
Hierdie Zombie gee my hoendervleis
Augustus 20, 2007
Hierdie weergawe van die Cranberries se Zombie deur die dames van Metanoia het my Vrydagaand by Stellenbosch se Sêrfinale omtrent hoendervleis gegee. Sjoe, hulle het werklik verdien om te wen.
Table Talk
Augustus 6, 2007| Die lirieke van Just Jinjer se Table Talk het my weer hierdie week met ‘n nostalgiese glimlag op die gesig gelaat. Dis lekker om dit te hoor terwyl jy na die wit drade watervalle kyk wat teen die styl wand afstort.
TABLE TALK + Music and Lyrics: Art Matthews If Table Mountain could talk And if she spoke loud enough Just imagine, La da da da da, la da da da da da da If Table Mountain could sing And if our mountain could think What’s the point? If Table Mountain could say anything, Wat sou sy sê? Ek dink sy sou net ‘n rustige moeë sug gee. |
Namakwaland
Augustus 3, 2007Ai, maar die Namakwaland is mooi dié tyd van die jaar. As julle wil blomme sien stel ek voor julle kies die eerste sonskyndag en laat loop langs die Weskus op. Daar was hierdie week plate oranje, geel en pienk. As ek nie op ‘n besigheidsreis was nie sou daar verseker gestop word en foto’s geneem word. Die blomme het ongelukkig net te vinnig vir my kamera verbygeflits. Hier is dan enkele oomblikke wat ek wel in die Namakwaland kon vasvang.
Kyk vinnig! Van die plate oranje wat verbygeflits het.
Waar anders as in Garies kry jy ‘n groot bord skaapkerrie en rys vir R12!?
Ek het ‘n keuse van twee kamers in die gastehuis gehad. Daar was geen manier dat ek in ‘n kamer saam met hierdie seuntjie sou slaap nie. Ek sou verseker nagmerries gekry het. Dit lyk nog meer vreesaanjaend in lewendige lywe maar ek wou nie te naby aan hom kom nie. Heng, dit begin nou vir my eintlik lyk soos die Seun van Flaandere (Niklaaaas, jy’s ‘n flater, Niklaaaaas, jou oupa drink water…).

Glo dit of nie,
maar vriend Bush
se taai tentakels
strek tot in Garies ook.
Na die vreeslike reëns van die afgelope paar weke staan Vredendal se wingerdstokkies lekker diep in die water. Hoop nie hierdie wêreld se wyn gaan volgende jaar bietjie afgewater proe nie…
Tata Tafelberg
Augustus 3, 2007Die implikasies van die 2010 Groenpunt sokkerstadion begin nou stadigaan vir my ‘n realiteit word. Die totaal van 14 hyskrane wat nou op ‘n gewone dag by “ground zero” werksaam is skep klaar die prentjie of altans die verlies van ‘n “prentjie” wat aan die kom is. Die 16 verdieping stadion gaan stadigaan die pragtige Tafelberg van sy voete af begin opvreet. Kom ons sê maar hierdie is die “before” skoot. Die “after” skoot volg oor 1043 (o heng, dis as ek nou die aantal dae reggekyk het by die lughawe vanmôre) dae.
Bygedra deur kostannie 
Bygedra deur kostannie
Bygedra deur kostannie 










