Ek loop die naweek toe wraggies weer in Mpumalanga hierdie klein paddatjie raak. Laas hier ge-”spot”. Dit was redelik wakker vir half 2 in die oggend en is oral afgeneem; in ‘n badkamersakkie, op ‘n roompot, teen die muur, op die vloer, op die wasbak. Hierdie ene is my gunsteling – op deurgedansde trouetone.


September 18, 2009 at 2:45 nm |
Cu-u-u-ute!
September 23, 2009 at 1:24 nm |
Is die paddatjie so klein of jou tone so groot? :LOL:
September 30, 2009 at 6:26 nm |
Baie oulik! Ek wonder nog steeds of daardie storie van die wit paddatjie wat uit ‘n rots spring waar is, en of dit hierdie soort is.
Ek hoop die tone hou al tyd, tik tok tik tok?
Oktober 1, 2009 at 7:59 vm |
Nee jong, alle horlosiewerk het tot stilstand gekom. Lyk my dit gaan nou maar ‘n Somerprojek word. Het van my tools iewers laat lê en het nog nie nuwes gaan koop nie. Hou myself ook nou weer besig met ander handwerk. Sal miskien een of ander tyd dit ook deel. Is net bang julle gaan dink ek word nou ‘n regte oumatjie…