Ai, noem my maar ‘n nerd, maar ek is baie opgewonde oor my nuwe projekkie. Hmmm, mens kan eintlik nie daarna verwys in die verkleiningsvorm nie, want dit gaan ‘n majestieuse taak wees om daarvan ‘n sukses te maak. Terwyl jong mense van die stad jolig hulle drankies in die kroeg oorkant die straat geniet is ek besig met die volgende:


Van die 160 stukke wat ek moet uitsny trek ek nou al by so 20. Ek sal so nou en dan ‘n fototjie oplaai van my vordering. Hierdie winter gaan daar nie tyd wees vir legkaart bou nie. Dis sny en plak en skel wat voorlĂȘ.
