‘n Vinnige breek in die stilte

September 12, 2008
 Na ‘n nudge van die Boer in die verre Ooste het ek vinnig hier ‘n draai kom maak om te wys ek leef nog.  Die lewe het egter verval in ‘n werk-slaap roetine en aangesien hierdie blog by die werk geskryf moet word raak dit bietjie moeilik met al die druk.  Daar het darem opwindende dinge ook vanaf my laaste post in Januarie gebeur.  Daar was ‘n 3 week Europese vakansie!  Ek en die familie het ons Griekse voorsate gaan opsoek en “for lack of anything else interesting to post today” laai ek maar gou ‘n paar fototjies op van die heerlike toer.  Waar die woorde my verlaat sal die beelde maar moet praat.