Ek weet in Suid Afrika dink almal vandag net aan die Bokke se oorwinning, maar ek vind nou net uit dis ook vandag internasionale Hakkeldag! Of meer amptelik gestel International Stuttering Awareness Day (ISAD). Die dag is in 1998 aangewys en die doel is om publieke bewusmaking van hakkel te bevorder. Hmmmm, gedink dis nogals interessant. Aangesien al die mense wat ek op skool geken het hulle hakkels ontgroei het sal ek maar vandag vir ‘n oomblik aan my ma se gunsteling Idol, Gareth Gates, dink.

Oktober 22, 2007 at 12:23 nm |
Ek was Vrydag op pad iewers heen en het in die kar op RSG gehoor hulle praat met iemand van ‘n firma wat ‘n elektroniese toestel verkoop wat mense help om nie te hakkel nie. Hulle sê as ‘n persoon wat hakkel saam met iemand praat wat nie hakkel nie, dan praat hy/sy normaal. Ek dink die toestel is soos ‘n gehoortoestelletjie en gee jou die illusie dat iemand saam met jou praat. Wie die firma was, kan ek nie onthou nie – maar dit het niks met hakkel te doen nie.
December 4, 2007 at 3:30 nm |
Dit was heelwaarskynlik iets soos die “Speech Easy” of “Fluency Master”. ‘n Toestel wat jou eie stem vertraag en van frekwensie verskuif en dan na jou toe terugvoer. Die simuleer die “koor-effek” waar in hakkelaars dan moontlik kan vlotheid ervaar.
Ek beveel iets soos die McGuire Program aan. Gaan gerus na mcguireprogram.co.za vir meer informasie.
Hein van der Merwe
Herstellende Hakkelaar