Good Monsters

Oktober 23, 2007

Ek het hierdie naweek Jars of Clay se CD Good Monsters aangeskaf.  Die volgende is die 7de snit op die CD.  My hart kramp sommer as ek dink aan die wanhoop wat daar op hierdie tydstip op so baie plekke rondom die wêreld heers.

“Sometimes when I lose my grip I wonder what to make of Heaven – All the times I thought to reach up – All the times I had to give – Babies underneath their beds – Hospitals that cannot treat – All the wounds that money causes – All the comforts of cathedrals – All the cries of thirsty children – This is our inheritance – All the rage of watching mothers – This is our greatest offence”


S-s-s-s-soveel dae, s-s-s-s-soveel dinge

Oktober 22, 2007

Ek weet in Suid Afrika dink almal vandag net aan die Bokke se oorwinning, maar ek vind nou net uit dis ook vandag internasionale Hakkeldag!  Of meer amptelik gestel International Stuttering Awareness Day (ISAD).  Die dag is in 1998 aangewys en die doel is om publieke bewusmaking van hakkel te bevorder.  Hmmmm, gedink dis nogals interessant.  Aangesien al die mense wat ek op skool geken het hulle hakkels ontgroei het sal ek maar vandag vir ‘n oomblik aan my ma se gunsteling Idol, Gareth Gates, dink.


Weskus

Oktober 2, 2007

Sjoe, dis erg hoe vinnig die weke verby vlieg.  Dit is seker hoogtyd dat ek my blog ‘n bietjie kos en water gee.  Hiermee dan solank ‘n bietjie seekos en seewater uit die Weskus.

web1.jpg 

Cordylus macropholis – Large-scaled Girdled Lizard

web2.jpg

Een van die mooiste trou venues ooit! Oppi-Duin, Lambertsbaai.

web3.jpg

 ’n Pampoen.

web4.jpg

 ’n Rob.

web5.jpg

‘n Swaer deur ‘n sandgatjie.

web6.jpg

‘n Klein bietjie Weskus liefde.