Hierdie Zombie gee my hoendervleis

Augustus 20, 2007

Hierdie weergawe van die Cranberries se Zombie deur die dames van Metanoia het my Vrydagaand by Stellenbosch se Sêrfinale omtrent hoendervleis gegee.  Sjoe, hulle het werklik verdien om te wen.


Table Talk

Augustus 6, 2007
Die lirieke van Just Jinjer se Table Talk het my weer hierdie week met ‘n nostalgiese glimlag op die gesig gelaat.  Dis lekker om dit te hoor terwyl jy na die wit drade watervalle kyk wat teen die styl wand afstort. 

TABLE TALK +

Music and Lyrics: Art Matthews

If Table Mountain could talk
What would she whisper in the Lions ear?
What kind of Signal would she give, to the hill?

And if she spoke loud enough
Could she perhaps get through to Chapman?
Or did he lose his peak, years ago, years ago?

Just imagine, La da da da da, la da da da da da da
This is Table Talk
La da da da da, la da da da da da da
This is Table Talk

If Table Mountain could sing
Do you think she’d be into Elvis?
I have a feeling she’s always been into rock of some sorts

And if our mountain could think
Do you think she’d be into Plato?
Or did she give up long ago, and let the Cape win her Point

What’s the point?
Just imagine, La da da da da, la da da da da da da
This is Table Talk
La da da da da, la da da da da da da
It’s on the Table!

If Table Mountain could say anything,
What would she say?
If she could only say
What would she say?

Wat sou sy sê?  Ek dink sy sou net ‘n rustige moeë sug gee.


Namakwaland

Augustus 3, 2007

Ai, maar die Namakwaland is mooi dié tyd van die jaar.  As julle wil blomme sien stel ek voor julle kies die eerste sonskyndag en laat loop langs die Weskus op.  Daar was hierdie week plate oranje, geel en pienk.  As ek nie op ‘n besigheidsreis was nie sou daar verseker gestop word en foto’s geneem word.  Die blomme het ongelukkig net te vinnig vir my kamera verbygeflits.  Hier is dan enkele oomblikke wat ek wel in die Namakwaland kon vasvang.

img_3376_klein.jpg 

Kyk vinnig!  Van die plate oranje wat verbygeflits het.

  img_3347_lig.jpg

Waar anders as in Garies kry jy ‘n groot bord skaapkerrie en rys vir R12!? 

 img_3355_klein.jpg

 Ek het ‘n keuse van twee kamers in die gastehuis gehad.  Daar was geen manier dat ek in ‘n kamer saam met hierdie seuntjie sou slaap nie.  Ek sou verseker nagmerries gekry het.  Dit lyk nog meer vreesaanjaend in lewendige lywe maar ek wou nie te naby aan hom kom nie.  Heng, dit begin nou vir my eintlik lyk soos die Seun van Flaandere (Niklaaaas, jy’s ‘n flater, Niklaaaaas, jou oupa drink water…).

img_3365_klein.jpg

Glo dit of nie,
maar vriend Bush
se taai tentakels
strek tot in Garies ook.

  

img_3378_klein.jpg

Na die vreeslike reëns van die afgelope paar weke staan Vredendal se wingerdstokkies lekker diep in die water.  Hoop nie hierdie wêreld se wyn gaan volgende jaar bietjie afgewater proe nie…


Tata Tafelberg

Augustus 3, 2007

Die implikasies van die 2010 Groenpunt sokkerstadion begin nou stadigaan vir my ‘n realiteit word.  Die totaal van 14 hyskrane wat nou op ‘n gewone dag by “ground zero” werksaam is skep klaar die prentjie of altans die verlies van ‘n “prentjie” wat aan die kom is.  Die 16 verdieping stadion gaan stadigaan die pragtige Tafelberg van sy voete af begin opvreet.  Kom ons sê maar hierdie is die “before” skoot.  Die “after” skoot volg oor 1043 (o heng, dis as ek nou die aantal dae reggekyk het by die lughawe vanmôre) dae. 

img_3343_klein.jpg