Spot die lewendige padda…

Ek het die naweek iemand ontmoet wat net so baie van paddas hou soos ek.  Baie min dat ‘n mens sulke mense teëkom.

paddas.jpg

hyperolius-marmoratus.jpg

Hierdie is ‘n rietpaddatjie, om spesifiek te wees ‘n Geverfde Rietpadda (Hyperolius marmoratus) .  Hy lyk baie dieselfde as die rietpadda wat ons hieronder in die Kaap in varkblomme kry.  Hierdie ene is op die toiletbak in die mansbadkamers van Induna Adventures in Hazyview, Mpumalanga gevang.  Dit was tien teen een dan seker ‘n wyfie….

8 Responses to “Spot die lewendige padda…”

  1. lanaba Says:

    Genade maar dis lelike goedjies…..

    Troedelkies
    Lana

  2. kostannie Says:

    Lelik? Agge nee man, dis dan net die mooiste gesiggie. Kyk hoe kyk hy vir jou…

  3. CG Says:

    Tog te oulik. Is self mal oor paddatjies…jy weet mos.

  4. aventer Says:

    Ag my moeder…can I keep him?

  5. My Kop Op 'n Blok! Says:

    Hallo Kostannie, ek het vandag toevallig op jou blog afgekom terwyl ek in my agterkop weet ek moet nog ‘n foto van ‘n wit paddatjie soek vir my nuutste possie. So ek leen die een foto bietjie by jou, hoop dis OK? Kom loer maar in by my wat ek geskryf het oor ‘n paddatjie.

  6. My Kop Op 'n Blok! Says:

    Ek het Saterdag ‘n boodskappie gelos om te sê ek “leen” bietjie jou foto, maar lyk my hy’t nie “gevat” nie. (Hoop nie hy’s nog iewers in die pyplyn nie.) Baie mooi foto’s – het jy dit self geneem?

  7. kostannie Says:

    Jip, het die foto’s self geneem. Dit het hordes flopse gevat om ‘n paar mooies te kry. Die lig was net nie reg vir so klein diertjie afneem nie. Op universiteit het hulle my geleer daar moet altyd ‘n vonkel in die ogie wees, maar dis makliker gesê as gedaan.

  8. mykopop Says:

    Ek sien gister by my “search terms” iemand het getik “mikro padda”, my inskrywing gelees en i.p.v. om te kliek op die skakel bo jou foto wat ek geleen het, gekliek op die foto self, want ek sien hy/sy het die .jpg skakel gevolg. Ek hoop net die persoon was slim genoeg om by jou blog uit te kom. Waarskynlik nie. Jammer, ek sal van nou af slimmer skakels insit as en iemand anders se foto’s gebruik!

Leave a Reply