Spot die lewendige padda…

Junie 19, 2007

Ek het die naweek iemand ontmoet wat net so baie van paddas hou soos ek.  Baie min dat ‘n mens sulke mense teëkom.

paddas.jpg

hyperolius-marmoratus.jpg

Hierdie is ‘n rietpaddatjie, om spesifiek te wees ‘n Geverfde Rietpadda (Hyperolius marmoratus) .  Hy lyk baie dieselfde as die rietpadda wat ons hieronder in die Kaap in varkblomme kry.  Hierdie ene is op die toiletbak in die mansbadkamers van Induna Adventures in Hazyview, Mpumalanga gevang.  Dit was tien teen een dan seker ‘n wyfie….


Daar lê ‘n berg

Junie 4, 2007

Net nog so enetjie, net omdat die berg vir my net al hoe mooier word.  Gisteraand was hy in weerlig en stormwolke gehul, maar daarvan het ek nou ongelukkig nie ‘n foto nie.

img_2771_klein.jpg


Daar is lewe

Junie 1, 2007

Net om te wys die werkswêreld het my nog nie heeltemal ingesluk nie en om darem so ietsie op te sit terwyl ek oor die volgende inskrywing nadink, hier’s so paar foto’s van dinge wat ek teëgekom het.

Potsdam

Praat van kontras…die mooie Tafelberg in die agtergrond en die Potsdam poefplaas in die voorgrond. 

Mainstay

You can stay as you are for the rest of your life, or you can change to Mainstay by die Good Food & Wine Show.

Cocktails

Coctails galore.

Croc Nightmare

Ja, hierdie is ‘n Croc, so ek sal my tong byt om nie verder hierop kommentaar te lewer nie.