Gambit
Mei 16, 2007Struktuur
Mei 16, 2007Ek sit vreeslik druk op myself om iets profounds hier te tik. Weet nie hoekom nie. Ek dink dis ook maar omdat ek redelik baie blogs deesdae lees en van die dinge wat almal skryf my nogals partykeer diep raak. Daar was ‘n tyd toe ek dieper oor dinge gedink het, ‘n tyd toe ek wou dig en filosofeer oor my dag tot dag bestaan. Maar nou voel dit vir my of ek kontak met daardie deel van myself verloor het, asof ek in ‘n stroom van wêreldse dinge meegesleur word. Ek is vasgevang in daai stroom waarin ek altyd gesê het ek nie wou swem nie. Dis werk, rekenaars, karre, robotte, vroeg opstaan, vir ander mense geld maak, mediese fonds, 17 vakansiedae ‘n jaar, pensioen, leef vir die naweek, kredietkaarte, kredietwaardigheid, kalenders met afsprake, ‘n A4-grootte dagboek, reminders op selfone, koffie 8uur, rooibostee half 11, 1uur tot 2uur middagete, Skype, MSN, Outlook Express, Maandagoggend staff meetings, Vrydagoggend koek-en-tee, struktuur. Iewers tussen die mal dag tot dag doen van dieselfde dinge besef ek, ek het ‘n grootmens geword.
Imogen Heap
Mei 8, 2007Ek het so jaar of wat terug die musiek van Frou Frou en Imogen Heap ontdek. Dis van die interessantste musiek wat ek al teëgekom het. Imogen se nuwe CD is in totaliteit alleen deur haar in haar woonstel opgeneem. Sy neem klanke oral om haar op en gebruik dit in haar musiek wat sy alles elektronies saamsnoer. Sy is regtig iets spesiaals. Kyk net hierdie lewendige opname van Just for Now van haar nuwe album Speak for Yourself af. Dit slaan elke keer my asem weg. Sy gebruik ‘n “repeater” program en “loop” stukkies van die liedjie bo oor mekaar soos wat sy dit sing. Ingewikkeld, maar sy laat dit so maklik lyk.
Hulp uit Indië
Mei 4, 2007Laat ek nou nie doekies omdraai nie, ek is ‘n lui mens en dis partykeer vir my vreeslik moeilik om al my takies in ‘n normale werksdag ingedruk te kry. Ek sou op party dae so ‘n bietjie hulp waardeer, veral as dit sou beteken dat ek net kon terugsit terwyl die takies van die dag een vir een afgetick word. Hoe sal dit dan nou moontlik wees? Die antwoord: Outsource dit!
As al die hardwerkende mense daar buite (wat nie ‘n bietjie hulp het nie) ‘n paar minute kan afknyp, lees die volgende oor die onderwerp. Dis geskryf deur A.J. Jacobs, een van die snaaksste mense wat ek al teëgekom het.

Bygedra deur kostannie
Bygedra deur kostannie
Bygedra deur kostannie 
