The Morning after the Night before

April 26, 2007

Vanoggend se Cape Times voorblad som seker maar gisteraand se drama op.  Kan nie help om die manne effens jammer te kry nie.  Dit het nou maar net nie in hulle broeke gesit nie…

Cape Times


KRIEKET!!!!

April 25, 2007

Hierdie wedstryd gaan maak dat ek ‘n totale senuwee ineenstorting kry.  Ek eggo Boerinballingskap se sentiment; kan die Australiërs nie maar net vir ‘n slag verloor nie?  Is dit te veel gevra?

Ek moet nou baie hard probeer om nie elke 5 minute na die kantoor se TV te hardloop nie.  Vyf minute terug se telling van 27 vir 5 doen net nie my hart en senuwees baie goed nie.  Kom ons hoop maar vir ‘n wonderwerk.

Hou die duime hou die duime!


Third Time Lucky!

April 24, 2007

Daar is dit toe nou ook so, by die 3de troue van die maand vang ek toe wraggies die ruiker!!!  Dit was nie hierdie keer te danke aan die “lynstaner” of “duiker” nie, nee dit was “te danke” aan die feit dat die hele wêreld voor my getroud is en daar nie veel kompetisie op die aand was nie.  Ons was seker nie eens 10 ongetroude meisies nie.  Ek moes wel nogals spring en rek om ‘n hand daarop te kry.  Kyk net hoe mooi….

img_2412_web.jpg


Boerseun

April 19, 2007

Verder tot die 100% boer debat wat heelweek al op Johan Swarts se blog aan die gang is, my bydrae.  Ek kon dit nie weerstaan om die volgende foto te plaas nie.  Dit is ook by die KKNK geneem.  (Verskoon tog, Peter.)

Boerseun Peter


Ontbyt met Sonsopkoms

April 17, 2007

Een ding wat ek mis van my jare van veldwerk op Universiteit is die gekwetter van voëls vroeg in die môre en rondloop met ‘n verkyker en voëlgids.  Die Moederstad het my egter vanoggend aangenaam verras en my weer baie naby aan die natuur laat voel.  Ongelukkig moes ‘n duifie sy moses teëkom om hierdie opwindende gebeurtenis na my kamervenster te bring.

 

 Sperwer

Hier’s hy so bietjie nader. 

Dis letterlik in die middel van die Stad langs ‘n baie besige robot geneem.  Hy eet al van gister af aan hierdie duifie.  Ek het hom gisteraand so vreeslik met die flash afgeneem, dat hy vanoggend nie meer baie geduld vir my gehad het nie.  Hy het so rukkie na die son opgekom het, die res van sy vangs in sy kloue vasgevat en weggevlieg.  Dit was heerlik om vir ‘n paar minute weer deel te kon voel van die natuur daar buite, al was dit langs ‘n straathoek met die reuk van bergie piepie en lorrie uitlaatgasse in die lug.


Musiek om aan te skaf

April 13, 2007

So gaan gym ek toe hierdie week vir die eerste keer met die iPod.  Dis asof daar ‘n nuwe wêreld vir my oopgegaan het.  Mens kan net soveel verder hardloop as jy ‘n lekker tune-tjie in die oor het.  Van die musiek wat ek gevind het my ‘n supervrou op die treadmill maak is The Cat Empire. 

the_cat_empire.jpg 

Hierdie groep is van Australië af en het net daai iets wat ‘n mens wil laat dans.  Ek het ook gevind dat dit die perfekte musiek is om mee te stofsuig.  Dit sal seker ook werk vir met ‘n kapstok in jou kamer dans.  Sjoe, dis lekker musiek!  Dis so ‘n mengsel van jazz, ska, funk en rock met ‘n goeie dosis Latin vir lekker heupe swaai.  Veral aansteeklik op die 2003 debuut CD is “Days like these” en “Hello Hello” (eintlik Gello Gello).  Definitief die luister werd en ek waarborg jou dat jy dit nie sal regkry om stil te sit nie.


Truffles

April 12, 2007

Het my lyf gisteraand vir die eerste keer in maande gym toe gesleep en kyk net waarnatoe ek toe moes terugkeer.  My pastry sjef flattie het alweer die huis in ‘n sjokolade hemel (lees hel) omskep.

truffles


Gekke en dwase…

April 12, 2007

…skryf op mure en glase, so nou teken ek maar op myself.

Kantoorarm


Verder tot die kousband sage

April 11, 2007

kousband

Hiermee wat Wikipedia oor die ontstaan van die kousband tradisie by troues te sê het:

 In Elizabethan fashions, men wore garters with their hose, and colorful garters were an object of display. In Shakespeare’s Twelfth Night, “cross braced” garters are an object of some derision. In male fashion, a type of garter for holding up socks has continued as a part of male dress up to the present (although its use may be considered somewhat stodgy).

A garter is often worn by newlywed brides. It is the groom’s privilege to remove the garter and toss it to the male guests. The symbolism to deflowering is unambiguous. Historically, this tradition also relates to the belief that taking an article of the bride’s clothing would bring good luck. As this often resulted in the destruction of the bride’s dress, the tradition arose for the bride to toss articles of clothing to the guests, including the garter. Sometimes, if the guests were drunk, they would try to remove the garter ahead of time, and consequently the tradition arose for the groom to remove it himself and toss it to the guests, in order to protect his bride from molestation by the guests. Another superstition that has circulated is the male equivalent of the bride throwing her bouquet to the unmarried ladies, i.e., the unmarried male wedding guest who successfully caught the garter was believed to be the next man to be headed to the altar from the group of single men at that wedding.

At some American high schools, it is traditional for girls to wear garters to their prom. At the end of the evening, her partner removes the garter and keeps it as a souvenir. In some cases, the girls exchange their garters for their partners’ bow ties.

In universities and independent schools, many boarding students will use a garter, or alternately a necktie, around their bedroom doorknob to show that the couple inside are engaged in some form of sexual- or foreplay-related activity. Thus, it is the dormitory equivalent to a “do-not-disturb” sign in many ways.


Lepelfontein

April 11, 2007

Ek was so ‘n tydjie terug vir werk in ‘n klein dorpie aan die Weskus, iewers tussen Garies en Koekenaap.  Die plekkie se naam is Lepelfontein en dis pragtig daar.  Die mense is plat op die aarde en gewoond daaraan om sonder elektrisiteit en baie water oor die weg te kom.  Ons vergadering is in die kerksaal gehou en is geopen met gebed en sang.  Ek het sommer bewoë geraak toe ons “omdat Hy leef sien ek kans vir môre” en “die lewe is die moeite werd omdat Hy leef” saam met die mense van die mooi Weskus kon sing.  Ons het omtrent welkom gevoel.

Lepelfontein Munisipale Kantoor

 Lepelfontein se munisipale kantoor.

 Tande Trek

Raakgelees in Lepelfontein se kerksaal. Duidelik dien die kerksaal sommer as kliniek ook in hierdie wêreld.