Die horlosie is besig om te vorder. Dis moeiliker as wat ek gedink het dit gaan wees om alles akkuraat inmekaar te laat pas, maar sover lyk dit heel goed.
Uiters nostalgies
May 20, 2009Sjoe, ek is deesdae nostalgies. Ek verlang skoon na slegte tye saam met ou boyfriends en dae van siek wees in die bed. Hierdie versie laat my terug verlang na goeie tye in pre-primêr. Ek het dit opgevoer op die laerskool se verhoog met ‘n heldergeel hempie aan. Nog ‘n opvoerplek was die leë opelug teater bo op Paarlberg, sommer net vir Pa, Ma en Sussie. Dit was na die heyday van die plek toe daar net nog ou dooie kragkabels en konneksies oor was en voor dit oorgeneem is deur lelike graffiti van vermeende sataniste. Ek was nog nooit weer daar nie, maar Johnny Clegg het onlangs daar gesing, so die plek leef darem weer. In elk geval, hier is hy:
DRIE BORDE SOP (Kaapse moppie)
Daar woon ‘n mooi meisie
daar onder by die vlei,
haar pappa is ‘n bakker
en sy is lief vir my.
Haar liefde is vir my alleen,
maar glo my dit is waar:
jy moet ‘n meisie eers leer ken
of daar is groot gevaar.
Ek bring die bokkie na my huis
om ‘n stukkie te kom eet.
Sy sê sy is nie honger nie,
maar wragtag sy kon vreet:
Drie borde sop,
‘n hele skaapkop,
hoendereiers by die dosyn,
soutvleis koud,
‘n hele beesteboud
en ‘n halwe bottel brandewyn.
Toe bak my oemie
in haar beste pan,
eiers en tamaties,
soos my oemie kan;
denningvleis met groente,
beesvleis en soesatie,
hoender en tamatie,
in haar beste pan.
My hart word sommer naar,
want toe het ek geweet:
sy sê sy is nie honger nie,
maar wragtag sy kon vreet:
Drie borde sop,
‘n hele skaapkop,
hoendereiers by die dosyn,
soutvleis koud,
‘n hele beesteboud
en ‘n halwe bottel brandewyn.
ID du Plessis
Springbok
May 14, 2009My aandag is hierdeur getrek in Springbok.

Hierdie het omtrent gelyk soos COPE se hoofkantore. Opvallend was dat die COPE karre oorwegend splinternuwe BMW’s was teenoor die stukke scrap wat met ANC stickers beplak was.

Titbits – Pramhappies
Ure se plesier
May 14, 2009Ai, noem my maar ‘n nerd, maar ek is baie opgewonde oor my nuwe projekkie. Hmmm, mens kan eintlik nie daarna verwys in die verkleiningsvorm nie, want dit gaan ‘n majestieuse taak wees om daarvan ‘n sukses te maak. Terwyl jong mense van die stad jolig hulle drankies in die kroeg oorkant die straat geniet is ek besig met die volgende:


Van die 160 stukke wat ek moet uitsny trek ek nou al by so 20. Ek sal so nou en dan ‘n fototjie oplaai van my vordering. Hierdie winter gaan daar nie tyd wees vir legkaart bou nie. Dis sny en plak en skel wat voorlê.
Broodboom
February 11, 2009Ek het nooit geweet ‘n broodboom kan so ‘n ongelooflike mooi blom maak nie. Hierdie is my moeder se “pride and joy”.
‘n Vinnige breek in die stilte
September 12, 2008- Home of the Olympics!
- Standbeelde vir Afrika
- Tempel van Zeus
- Santorini
- Gesteelde oë
- Megalochori
Feesgroete
December 20, 2007Aan almal wat so nou en dan hier inloer (al gaan hier deesdae min tot niks aan), ‘n baie geseënde Kerstyd en alles wat mooi en jolig is vir 2008. Ek voel aan my basvelle dit gaan ‘n groot jaar wees.
Aan almal wat ver gaan ry in hierdie dae, ry veilig, rus baie en as jy so deur die Karoo of Vrystaat jaag, “spare a thought for the little ones too”….
Good Monsters
October 23, 2007Ek het hierdie naweek Jars of Clay se CD Good Monsters aangeskaf. Die volgende is die 7de snit op die CD. My hart kramp sommer as ek dink aan die wanhoop wat daar op hierdie tydstip op so baie plekke rondom die wêreld heers.
“Sometimes when I lose my grip I wonder what to make of Heaven – All the times I thought to reach up – All the times I had to give – Babies underneath their beds – Hospitals that cannot treat – All the wounds that money causes – All the comforts of cathedrals – All the cries of thirsty children – This is our inheritance – All the rage of watching mothers – This is our greatest offence”



Posted by kostannie
Posted by kostannie
Posted by kostannie 











